30 Jaar agter die orrel luisterryk gevier
Kom luister na die talentvolle Erna Rademan op haar beste wanneer sy en haar twee orrelis-susters, René Ferreira en Karin Michau, beide van die Kaap, op 30 Oktober om 09:30 optree in die NG Kerk Vredefort ter viering van Erna se 30 jaar diens agter die kerkorrel.

Boonop sal Erna se skoonma, Olga Rademan, ook op die dag saam met haar die Widor Toccata uitvoer en dit op 90-jarige ouderdom.
Hierbenewens kan geluister word na Walda Strauss en Marli Krüger op die orrel, asook Anthony en Anci Duffin, Carel Steyn, Andries Mostert, Erna se seun Pieter, en die bekroonde doedelsakspeler, Liam O’Flaherty wat almal as instrumentaliste sal optree.
Sangers om na uit te sien by die geleentheid sluit in Marguerite van Wyk, Heléne Leonard, Welmarie Steenkamp, Heine Brüssow, Gerhard van Rensburg en die Deo Gloria koor.
Magda Perry sal die voorsang lei en nog ’n suster van Erna, Theresa Troskie sal vir voordrag sorg.
Verversings sal na die feesdiens bedien word.