Steeds geen leiwater vir dorp
Meer as ’n maand later en steeds geen teken van die beloofde leiwater vir Parys wat reeds vanaf 5 September deur die Ngwathe munisipaliteit aan inwoners voorsien moes word. Dit terwyl daar betaal word vir die diens. Talle Parysenaars gebruik die leiwater om hul tuine nat te lei juis om munisipale water te spaar. Teen Maandagmiddag was daar nog geen teken van die belofdes om dié voor op die foto skoon te maak sodat daar na die Rooidam gepomp kan word vanwaar leiwater vir die dorp onttrek word nie. Die voor is vol vullis en rioolwater.

Meer as ’n maand later en steeds geen teken van die beloofde leiwater vir Parys wat reeds vanaf 5 September deur die Ngwathe munisipaliteit aan inwoners voorsien moes word. Dit terwyl daar betaal word vir die diens. Talle Parysenaars gebruik die leiwater om hul tuine nat te lei juis om munisipale water te spaar.
Teen Maandagmiddag was daar nog geen teken van die belofdes om dié voor op die foto skoon te maak sodat daar na die Rooidam gepomp kan word vanwaar leiwater vir die dorp onttrek word nie. Die voor is vol vullis en rioolwater.
Selfs al sou die voor Maandag soos beloof skoongemaak word, gaan dit nog ’n week neem voordat die Rooidam vol is en leiwater voorsien kan word.
Leiwater word gedurende die wintermaande gestaak juis vir die skoonmaak en instandhouding van die leivore, maar jaar na jaar word ook hierdie taak agterweë gelaat tot op die laaste nippertjie.



