Local newsNews

Jou verjaardaglied kreatiwiteit kan jou laat wen

Bekende Afrikaanse kunstenaars insluitend bekende name soos Sonja Herholdt, Early B, Karen Zoid en Anton Goosen sal help kies watter voorstelle in finale liedjies verwerk word,

Kom ons wees eerlik – wanneer laas het jy regtig opgewonde geraak om “Veels Geluk Liewe Maatjie” te sing?

Of jy nou ’n digter, rapper, musikant, skoolkind of net ’n Afrikaanse liefhebber is – hier is jou kans om met jou kreatiwiteit geskenkpakke en inkopiebewyse te wen met Virseker se landswye veldtog om ’n splinternuwe Afrikaanse verjaarsdagliedjie te skryf,

Afrikaans Word 100 – Is Dit Nie Tyd Vir ’n Nuwe Verjaarsdagliedjie Nie?

Afrikaans het ’n buitengewone mylpaal bereik – ’n volle 100 jaar as ’n amptelike taal van Suid-Afrika.

Volgens Morné van Emmenes, hoof van bemarking by Virseker word daar met die veldtog gesoek na ‘n verjaardaglied “wat jol, dans en die taal se kreatiewe gees vier. ’n Liedjie wat jou storie kan vertel.”

Afrikaans is uniek, lewendig en groeiend – en die taal se verjaarsdagliedjie moet dit weerspieël. Hierdie liedjie moet ‘n deel van mense se lewens word, iets wat jong en oud met trots kan saam sing, voeg van Emmenes by.

Stuur jou woorde, idees, lirieke, rympies of selfs ’n tune. Neem ’n video op, fluit ’n wysie, of skryf sommer net iets wat vir jou lekker Afrikaans klink. Die enigste reël? Dit moet jou hart laat sing.

“Ons het ’n ongelooflike paneel van Afrikaanse kunstenaars gereed om jou te inspireer – insluitend bekende name soos Sonja Herholdt, Early B, Karen Zoid en Anton Goosen. Hulle sal later help kies watter voorstelle in finale liedjies verwerk word,” sê van Emmenes.

Virseker het met ‘n nasionale veldtog begin vir kreatiewe Suid-Afrikaners om ‘n Afrikaanse verjaardaglied te skryf ter viering van Afrikaans se 10 jaar bestaansjaarviering.

Besoek https://www.virseker.co.za/onsverjaar/ vir wenke, inspirasie en jou kans om deel te wees van hierdie unieke musiekbeweging.

Laat Afrikaans se verjaarsdaglied van die toekoms begin met jou idee. In Afrikaans

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button