Local newsNews

Wyk 16-kiesers dié week by die stembus

'n Stempersentasie van 62% is in dié wyk met die 2021 munisipale verkiesings behaal.

Kiesers van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se wyk 16 in Koppies, gaan Woensdag na die stembus om hul kruisies te trek in die munisipale tussenverkiesing vir dié wyk.

Dit volg na die dood wyksraadsllid  Leponesa Sochiva, wat ook die ANC se hoofsweep was.

Rdl. Leponesa Sochiva

Die ses kandidate wat staan in die tussenverkiesing is Motshidisi Martha Motsoeneng (ANC), Caroline Thandiwe Mthinzi (PAC), Abram Mokwai Moletsane (EFF), Esau Sello Radebe  (ACT),  Valile Joseph Wessels  (M.K) en Letshesa Joseph Manoto van die LABOUR Party.

Volgens Mmathabo Rasengane van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), word 3 627 kiesers na verwagting by die Ipatleleng Primêre Skool en die Rebatla Thuto Sekondêre Skool verwag wat die amptelike stemlokale vir wyk 16 is.

Rasengane sê die stemlokale sal Woensdag oop wees van 07:00 tot 21:00. Spesiale stemme vir geregistreerde kiesers wat betyds aansoek gedoen het, sal môre (Dinsdag 27 Mei) uitgebring word van 08:00 tot 17:00.

Tydens die 2021 munisipale verkiesings het 62,09% van dié wyk se kiesers gestem, het Rasengane bevestig.

  • Rdl. Sochiva is sover bekend die vierde raadslid van Ngwathe wat sedert Junie 2024 oorlede is. Dié munisipale raad het vroeër vanjaar  rdl. Arnold Schoonwinkel aan die dood afgestaan, terwyl rdle Modise Moroenyane en Philip van der Merwe in 2024 oorlede is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button