Net nog sewe dae bly oor – het jy al jou guntelinge genomineer?
Met Best of Parys gee MooiVaal Media weer vanjaar erkenning aan plaaslike sakeondernemings wat uitstaan as dit kom by diens en kliëtetevredenheid.

Gou spring – nominasies vir vanjaar se Best of Parys toekennings waar erkenning gegee word aan plaaslike sakeondernemings wat uitstaan vir diens by uitnemendheid, sluit op 2 Junie.
Of dit nou ‘n haarsalon, spa, gastehuis, prokureursfirma, apteek, oogkundige, hardeware winkel, restaurant, sekuriteitsmaatskappy of motorwerktuigkundige is. Noem maar op – dit is daardie toewyding, integriteit, harde werk en uitstekende dienslewering wat jou keer op keer laat terug gaan.
In moeilike ekonomiese tye waar diens juis ‘n deurslaggewende rol speel, is dit nodig om ons besighede erkenning te gee.
Daarom nooi MooiVaal Medie lesers om weer vanjaar plaaslike sakeondernemings wat na jou mening uitstaan in jou dorp, te nomineer vir vanjaar se Best of Parys – Readers Choice-toekennings.
Wees deel van die positiewe dryfkrag deur verdienstelike besighede in die onderskeie kategorieë te nomineer.

Nominasies sluit 2 Junie.
Die kompetisie word slegs aanlyn aangebied
So nomineer jy besighede :
Gaan na https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2025-best-of-parys/ en voltooi die aanlyn nominasie vorm
of
skandeer die QR-kode hieronder met jou selfoon se kamerafunksie oop op jou selfoon.

Slegs digitale nominasies word aanvaar.
So werk dit:
- Jy kan besighede in verskeie kategorieë nomineer. Jy kan ook meer as een besigheid in ‘n kategorie nomineer.
- Sodra nominasies gesluit het, sal lesers aanlyn stem vir die wenners van die onderskeie kategorieë.
- Die wenners sal dan by ‘n spog geleentheid aangewys word.


