Local newsNews

Groot drama na skietvoorval op R59

Die Onafhanklike polisieondersoekdirektoraat hanteer die ondersoek na die voorval.

‘n Drama het vanmiddag  op die R59 net buite Parys tussen die vliegveld en die ingang na die Parys Golf & Country  Estate afgespeel met ‘n skietery tydens ‘n konfrontasie tussen verdagtes en die polisie.

Polisiewoordvoerder kapt. Loraine Earle het bevestig dat een verdagte tydens die voorval noodlottig gewond, en ‘n ander op die toneel gearresteer is.

Daar is ook bevestig dat die Onafhanklike PolisieondersoekdIrektoraat (Opod)  die ondersoek na die voorval lei. Meer besonderhede sal in die Gazette geplaas word sodra die amptelike polisieverklaring uitgereik is.

‘n Motoris wat op voorwaarde van anonimiteit met die Gazette gesels het, het vertel dat hulle van ‘n begrafnis op pad terug na Parys was, toe hulle verby die misdaadtoneel is na 13:00 vanmiddag.

“Daar was baie polisiebeamptes, en verkeersbeamptes op die toneel  en ‘n polisiehelikopter in die lug. Die pad was vir verkeer gesluit en is vir ons gesê dat dit ‘n misdaadtoneel is.”

WhatsApp-groepe het behoorlik gegons oor die gebeure, en is mense aanvanklik aangeraai om alternatiewe roetes te volg, maar is die pad later oopgestel vir verkeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button