Tooi jy al turkoois vir ons bejaardes
Daar is vele maniere hoe jy kan uitreik na bejaardes in jou gemeenskap - hetsy dit jou tyd, of 'n klein gebaar van omgee is.
Die jaarlikse Tooi Turkoois bewusmakingsveldtog vir bejaardesorg word vanjaar van 15 Mei tot 15 Junie gehou.
Die gemeenskap van Parys het alreeds hul harte oopgemaak met verskeie uitreike na die bejaardes van die AMOT tehuis.
Helpende Hand-lede het gesorg vir vrolike samesyn toe daar Afrikaanse Volksliedere saam met die bejaardes gesing is as deel van die Afrikaans se 100 viering.
Daar was anonieme skenkings van handskoene/ slaapsokkies aan elke tehuis inwoner, heerlike kolwyntjiekoekies geskenk deur NHSV Parys, en ‘ n uitreik van die Hervormde Kerk Parys se jeug as deel van die veldtog.




Kom wys jy gee om en laat weet hoe jy graag betrokke wil wees by ons bejaardes. Daar is nog tyd.
Skakel Teresa by 078 0705 200 as jy graag na Amot se bejaardes wil uitreik.



