Local newsNews

Sloering met lykshuiskrisis in die Vrystaat gekritiseer

Tans is net drie van die sewe staatslykshuise in die provinsie operasionee

Die Demokratiese Alliansie (DA) gaan die Vrystaatse LUR vir Gesondheid, Monyatso Mahlatsi, in die Wetgewer bevraagteken oor die departement se stadige en onvoldoende reaksie op die toenemende lykshuiskrisis in die provinsie.

Die party sê hy soek duidelikheid oor hoe die LUR van plan is om noodsaaklike forensiese patologie-dienste tydens hierdie krisis te verseker, sonder om die waardigheid van die oorledenes en die regte van die treurende families in gedrang te bring te midde van wydverspreide sluitings.

Die DA sê nog drie staatslykhuise in die Vrystaat – Botshabelo, Bethlehem en Phuthaditjhaba , is gesluit. Die Bloemfonteinse staatslykshuis, is in Oktober 2024 deur die Departement van Arbeid gesluit weens nie-nakoming.

Voor die  optrede deur die Departement van Arbeid was ses uit sewe lykshuise – naamlik Phuthaditjhaba, Bethlehem, Botshabelo, Welkom, Sasolburg en Kroonstad – steeds operasioneel.

Tans is net drie van die sewe staatslykshuise in die provinsie operasioneel, met Bloemfontein wat net gedeeltelik funksioneer.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/parys-gazette/news/news-news/2025/05/28/agtersgtand-met-patologiese-dienste-n-gevolg-van-sluiting-van-staatslykshuis/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button