Local newsNews

Leerkragte se rol in kinders se lewens erken

Kinderbeskermingsweek is vandeesweek landwyd gevier

Die Parys-tak van Solidariteit Helpende Hand het vandeesweek ‘n spesiale geskenkpak aan Marissa Strauss, een van die toegewyde onderwysers van Primêre Skool Parys oorhandig, as blyk van waardering vir die belangrike rol wat sy vervul as direkte skakel met die tak waar daar nood by leerders sou wees.

Die gebaar kom tydens Kinderbeskermings-week, wat van 29 Mei tot 5 Junie plaasvind. ‘n Week wat daarop fokus om bewustheid te skep van die regte en veiligheid van kinders, en om gemeenskappe aan te moedig om aktief betrokke te raak by die beskerming en ondersteuning van die jeug.

“Die Parys-tak is dankbaar vir elke opvoeder wat daagliks ‘n verskil maak in kinders se lewens, en sien hierdie week as ‘n gepaste geleentheid om erkenning te gee aan hul waardevolle bydrae,” sê takvoorsitter, Matty Last.

Marissa Strauss saam met Jurina Els (links) en Lida du Plessis van Solidariteit Helpende Hand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button