Local newsNews

Wind en Koepel-stofpaaie martel die bene en boude

Verskeie groot name in fietsrykinge neem vandag deel aan die Crater Cruise Gravel Race in die Vredefort Koepel wêrelderfenisgebied.

Nagenoeg 400 fietsryers waaronder heelwat groot name in fietsrykringe het vanoggend met tussenposes weggespring by Koedoeslaagte vir die groot Crater Cruise Gravel uitdaging wat op die grondpaaie van die skilderagtige Vredefort Koepel gery word. Die fietsren wat vir vyftien jaar sinoniem met Parys was, is vanjaar terug met ‘n totaal van R75 000 se prysgeld wat gewen moet word. Met die wind wat vroegoggend al sterk begin waai het tussen die koppe, kan verwag word dat hierdie geen maklike uitdaging gaan wees nie.

Die roetes is uitdagend, besonder mooi, en ‘n moet vir elke fietsryer om jou vernuf op die Koepel se grondpaaie te toets, sê Attie Koekemoer, organiseerder van die Crater Cruise.

Afstande wat vandag gery word sluit in die 145km Full Cruise, 92km Crater Cruise, 50km Half-Cruise en 15km Dirt Flirt. ‘n Groot aantal inskrywings is veral in die Elite en Junior-kategorieë gesien, maar die hardebaard en -boud veterane maak ook ‘n groot deel van die getalle op.

Die roetes wat gery word gaan selfs Parysenaars wat bekend is met die Koepel-paaie, verras, het Attie gesê. Tot 80% persent van die 145km roete word langs die Vaalrivier gery en sal daar met van die roete tot by Kromdraaidrif gery word.

Die Elite-klas gereed om weg te spring.

Die fietsren is geskik vir grondpad resiesfietse (gravel bikes) sowel as bergfietse. en word ondersteun deur die Free State Cycling Federation, Gauteng Gravel Series en die Northwest Cycling Union.

Crater Cruise van toeka tot nou:

Die eerste Crater Cruise in 2004 aangebied, maar omdat daar daardie jare nie gravel bikes was nie, het fietsryers dikwels met bergfietse gery namate meer plaaspaaie op die roetes ingesluit is. Die laaste Crater Cruise is in 2019 aangebied waarna die wedren in 2020 weens Covid nie gehou kon word nie.

Vanjaar is die eerste keer dat fietsryers weer geleentheid sal hê om hul fiksheid op die roetes te kom toets met die verskil dat al die roetes nou in die Koepel gery sal word.
Die Crater Cruise het in die verlede by geleentheid ‘n rekordgetal van 2 800 deelnemers gehad.

‘n Gravel bike is ‘n resiesfiets met breër wiele, en is fietsrenne spesifiek vir dié fietse wêreldwyd baie gewild.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button