Local newsNews
Bibberkoue met sneeu, reën en selfs hael laat Vrystaters se tande klap
Hoewel temperature later in die week effens sal styg, sal dit steeds in baie dele van die land onder die 20 grade maksimum wees.
Vrystaters kan minstens nog tot Woensdag snerpende koue verwag met nog wind, reën en sneeu wat voorspel word.
Ligte sneeu is reeds vaniddag net buite Bloemfontein gesien, terwyl dit ook in dele van Lesotho gesneeu het.
Sneeu is ook in Noord-Kaapse dorpe soos Richman gesien, terwyl hael ook in sommige dele van die land soos Bloemfontein en Ficksburg gesien is.
Parysenaars het 22mm reën Sondagnag gehad en word ‘n maksimum temperatuur van 12 grade vir môre voorspel en o grade minimum temperatuur.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



