Vir Suid-Afrikaanse motoriste was daar ‘n beskeie verlaging in brandstrofpryse verlede week, maar die daling kom saam met die implementering van die verhoogde algemene brandstofheffing, wat kommer by beide brandstofkleinhandelaars en verbruikers wek.
Lebo Ramolahloane, nasionale ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Petroleumkleinhandelaarsvereniging (SAPRA) sê hoewel die prysdaling verwelkom word, word die voordele grootliks uitgekanselleer deur die gelyktydige belastingverhogings.
“Verbruikers en besighede het op ’n meer betekenisvolle verligting gehoop, veral ná drie opeenvolgende maande van brandstofprysdalings. Ongelukkig kanselleeer die nuwe verhogings in brandstofheffings – 16 sent per liter vir petrol en 15 sent vir diesel – grootliks dié verwagte verligting uit,” het Ramolahloane verduidelik.
Brandstofprysaanpassings – Effektief 4 Junie 2025
Petrol – Gauteng & Kusgebiede:
Diesel – Gauteng:
Diesel – Kusgebiede:
Paraffien (beligting):
LPG (Vloeibare petroleumgas):
Ten spyte van die verwelkomde daling in vulstasiepryse, waarsku SAPRA dat die verhoogde Algemene Brandstofheffing, nou op R4.15 per liter vir petrol en R4.02 vir diesel, saam met die Padongelukfonds-heffing (R2.18 per liter), steeds swaar weeg op die totale brandstofprysstruktuur.
“Brandstof is ’n sleutel-kostedrywer in feitlik elke bedryf. Enige verhoging in brandstofverwante belasting verhoog die koste van vervoer, goedere en dienste. Dus, hoewel die prysaanpassings in Junie tegnies dalings is, is die netto voordeel vir verbruikers baie klein,” het Ramolahloane gesê.
Die departement het ook opgedateerde pypleidingvervoertariewe goedgekeur in vier landdrosdistrikte wat brandstofpryse in dié gebiede effens sal verhoog met tussen 0.1c en 2.6c per liter.