Local newsNews

Hou jou diere warm in die koue

Maak seker jou diere het skuiling maar ook toegang tot die skuiling selfs in gure weer.

Snerpende koue wat regoor die land die afgelope week gevoel is raak ook troeteldiere. Dit is belangrik dat jy voorsiening maak vir hulle. Soos mense kry veral ouer honde se heupe en bene swaar in die koue.

* Maak seker dat daar altyd skuiling is, hetsy dit ‘n hondehok, motorhuis, stoep of buitekamer is. Meer belangrik is dat jy seker maak dat jou troeteldier te alle tye toegang het tot die skuiling ook in wind en reën.

* Maak voorsiening vir isolasie en komberse.

* Jy kan belê in ‘n verhitte matjie as jy ‘n ouer troeteldier het.

* Draai boontjiesakkies wat in die mikrogolf warm gemaak kan word toe in komberse vir ekstra hitte.

* ‘n Infrarooi lig kan ook ekstra hitte bied, maar maak seker dit is op ‘n veilige plek en buite bereik van jou hond of kat.

* Maak seker jou troeteldier se ente is op datum om hulle teen siektes te beskerm.

* Gee ‘n bietjie ekstra kos, maar nie te veel nie, sodat jou troeteldier nie oorgewig word nie.
Die katjies op die foto is tans beskikbaar vir aanneming.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button