Local newsNews

Kookplan vir beurtkrag

Met Parysrenaars wat gedurende die wintermaande al om die ander uur sonder krag sit is hierdie dalk 'n kookplan wat vir jou kan werk.

Moeg gesukkel met kosmaak as die krag sommer net so sonder waarskuwing afgaan? Dit is iets wat Parysenaars beslis mee kan assosieer veral nou gedurende die wintermaande wanneer dele van die dorp eenvoudig deur die munisipaliteit afgeskakel word om oorlading van die kragnetwerk te voorkom.

In 2008 het Sarah Collins met n briljante plan vorendag gekom, geïnspireer deur haar kinderherinneringe van haar ouma wat kussings gebruik het om kos warm te hou.  Sy het die uitvindsel die Wonderbag gedoop – ‘n trots Suid-Afrikaanse uitvindsel gebore as oplossing juis vir die land se energietekort en knaende beurtkrag.

Die spesiale sak werk op die beginsel van ‘n stadige kookmetode met die lap van die sak wat hitte behou. ‘n Omgewingsvriendelike en koste-effektiewe oplossing vir kook sonder krag.

Gevolglik kan jy kos wat wat reeds by kookpunt was, maar wat jy nie kon klaarkook nie weens beurtkrag, laat aanhou kook in die materiaalsak gevul met termiese isolasie. Die kos kan vir tot 8 uur lank ‘kook’ in die Wonderbag sonder dat bykomende hitte of brandstof nodig is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button