Local newsNews

Sneeu of kapok – watter een is dit nou?

Winter het sy eie mooi en sorg vir pragfoto's. Stuur vir ons jou foto's van die afgelope week se ysige koue.

Sneeu is in verskeie dele van die land die afgelope week gesien, en daarmee saam kom die vraag weer – wanneer is dit nou sneeu en wanneer kapok?

As jy kyk na wat die woordeboek sê lyk dit of daar nie ‘n noemenswaardige verskil is nie. Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) en die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) gee selfs die woorde as sinonieme.

Sommige meen kapok is vlokkies, en sneeu kristalle.  Dan is daar ook die verklaring dat die Maleiers in die Kaap  nie sneeu geken het nie en toe daarna verwys het as kapok omdat dit herinner aan witterige pluis.

In die Karoo kry jy die kapokbossie met sy kenmerkende wit klossies aan die takkies.
Kapok is al selfs al  as korreltjies beskryf.
Die winter het sy eie mooi. Die pragtige yskristalle teen ‘n draad is in 2020 langs die Schoemansdrift-pad in die Vredefort Koepel geneem.
Die besondere foto is deur Annemarie Ferreira geneem.
In die Wes-Kaap kry ons oor die algemeen sneeu, wat gepaard gaan met met koue en wind, terwyl  aanvaar word dat wanneer kapok soos veertjies uit die lug val, daar geen wind is nie.
Soveel mense, soveel menings, maar reg of verkeerd – koud is dit koud.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button