Local newsNews
Goue glorie vir Parys se Oldies en Hoërskool Parys
Al die dag se rugbywedstryde is in Parys se guns beslis.
Parys se Golden Oldies het Saterdag gesorg vir nog ‘n goue oomblik op die rugbyveld toe die span die Fochville Barberians met 15-5 kon klop danksy puntemakers Ben Cilliers, Jan van der Merwe en Morné Jacobs.
Die Golden Oldies se wedstryd is voorafgegaan deur die Valke-ligawedstryde op Parys se tuisveld, met Hoërskool Parys wat al vier sy wedstryde teen Anker Hoërskool gewen het.
Die wedstrydtellings was:
o.14 – 67-0 in Parys se guns
o.16 – 59-0 in Parys se guns
Tweede span – 29-5 in Parys se guns
Eerste span – 36-7 in Parys se guns
Die Golden Oldies sal na verwagting weer in Julie op die veld draf.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



