Koepel kry sy eie Camino

Die Vredefort Koepel is die oudste en duidelikste meteoriet impakkrater ter wêreld.

‘n Reis soos nog nooit tevore. Dit is wat stappers eersdaags sal kan beleef met die Vredefort Koepel Camino wat strek oor 80-100km en oor 4-5 dae gestap kan word in die hart van die oudste meteorietkrater. Die Camino word binnekort bekendgestel en sal ook 3-4 ster akkommodasie beskikbaar hê.

Met die roete word die besondere natuurskoon van die Vredefort Koepel gekombineer met die merkwaardige erfenis van dié gebied, vir ‘n sielsverrykende ervaring.

Benewens die wild- en natuurlewe, geologiese terreine en historiese landmerke, die Vaalrivier en berglandskap, sal jy ook die sterrehemel op sy mooiste hier beleef.

Slegs ‘n klein gedeelte van die Vredefortkoepel langs die Vaalrivier (tussen die Parys-Potchefstroom en Vredefort-Potchefstroom paaie) is as erfenisgebied verklaar alhoewel tekens van die impak oor ‘n baie groter gebied waargeneem kan word.

Omdat hierdie ‘n bewaringsgebied is, moet inwoners vir spesiale toestemming aansoek doen om enige nuwe huise, paaie of heinings op te rig.

Die bykans ongelooflike geologiese wonder

Vandag kan ons sien hoe die rotsformasies van die Vredefortkoepel duidelik in kringe sigbaar is. Die oudste rotse wat diep onder die aardkors begrawe was voor die impak, word in die middel gevind.

Dit is meestal graniet-gneis wat meer as 3 000 miljoen jaar oud is. Beide die dorpe van Parys en Vredefort is gebou op hierdie gneis, en die rots is dan ook in verskeie kwaries gemyn.

Die bergagtige gebied rondom Vredefort bestaan uit harde wit kwartsiet, met die valleie tussen-in, uit sagter skalie

Naby Venterskroon is goud op ‘n klein skaal uit dun rotslae ontgin.

Nader aan Potchefstroom en Fochville lê sagter lae lawa en dolomiet wat meer eweredige terrein vorm.

Al hierdie rotstipes wat baie skuins afhel vorm deel van die Vredefortkoepel, maar verder suid word dit bedek met horisontale skalie lae wat gevorm is lank na die impak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button