Local newsNews

Skoolvakansie: Hoe slimfoon-veilig is jou kind?

Kubermisdaad en misdaad wat voortvloei uit aanlyn ontmoetings is 'n realiteit waarteen ouers kinders behoort te waarsku.

Die skoolvakansie en dalk het jy as ouer gekyk na basiese veiligheidsmaatreëls soos om seker te maak jou kinders wat tuis bly wanneer jy by die werk is, weet om deure gesluit te hou en het noodnommers op hul selfone sou hulle dit nodig kry. Die vraag is – kyk jy ook of jou kind slimfoon-veilig is?

As jou kinders toegang tot die internet en sosiale media het terwyl jy nie daar is nie, stel reëls vooraf in plek vir die vakansie, is Charnel Hattingh, groephoof van bemarking en kommunikasie by Fidelity Services Group, se raad.

Raad wat jy vir jou kinders behoort te gee:

  • Moet nooit enige persoonlike inligting aanlyn plaas nie – soos ’n adres, e-posadres, wagwoorde of selfoonnommer.
  • Dink mooi voordat jy boodskappe, foto’s of video’s van jouself plaas. Sodra jy ‘n foto van jouself aanlyn gesit het, kan meeste mense dit sien en dalk aflaai – dit behoort nie meer net aan jou nie.

  • Hou jou privaatheidinstellings so hoog as moontlik.

  • Moenie  vriende maak met mense wat jy nie ken nie.

  • Moenie net iemand gaan ontmoet wat jy aanlyn ontmoet het sonder dat jou ouers of iemand verantwoordelik weet waarheen jy gaan.   Onthou: nie almal aanlyn is wie hulle sê hulle is nie.

  • As ’jou kind iets aanlyn sien wat hulle ongemaklik, onveilig of bekommerd laat voel: moet hulle die webwerf verlaat, die rekenaar afskakel en dadelik vir iemand daarvan vertel, is Hattingh se raad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button