Local newsNews

Hulp vir skooltake met KI en websoektogte wat bymekaar gebring word

Met die hulp van die platform wat as 'n eerste van sy soort in Afrikaans bestempel word, hoef daar nie meer tussen webwerwe rondgespring te word vir inligting nie.

Slim. Maklik. In jóú taal. Dit is wat die Afrikaanse platform Afrikaans.com wou bereik met die bekendstellling van ‘n nuwe KI-funksionaliteit wat as ‘n eerste in sy soort in die Afrikaanse gemeenskap beskou word 

Afrikaans.ai is ‘n innoverende aanlyn hulpmiddel wat kunsmatige intelligensie (KI) en websoektogte bymekaar bring op een gebruikersvriendelike platform.

In ’n wêreld waar toegang tot inligting vinnig en relevant moet wees, bied die platform ‘n hulpmiddel wat nie net antwoorde gee nie, maar dit in Afrikaans kan doen wat ook vanjaar as taal sy 100ste bestaansjaar vier.

Met die digitale gids word inligting van verskeie aanlyn bronne gekombineer om vinnig volledige, omvattende antwoorde te verskaf in maklik, verstaanbare Afrikaans

Daar word duidelik na bronne wat gebruik is verwys vir verdere navorsing waar nodig.

Verbruikers kan ook kies tussen KI-gegenereerde insigte en tradisionele websoektogte – afhangend van jou behoefte.

Hoewel dit nie ’n taal- of vertaaldiens is nie, is dit ’n funksionaliteit wat jou help om maklik en vinnig by antwoorde uit te kom.

Verbruikers wat die platform gebruik het twee keuses om te soek – die wêreldwye web, of kunsmatige intelligensie waarmee inhoud gegenereer word, vrae beantwoord word of teks saamgevat word.

Hierdie slim filterfunksie gee jou beheer oor hoe jy inligting wil verkry. Elke metode bied unieke antwoorde en insigte, en help jou om vinniger by die regte inligting uit te kom – sonder om ure op verskillende webwerwe te soek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button