Knights gooi die pyle by SA-kampioenskappe
Belangstelllende veerpyltjiespelers word genooi om by die Parys Knights aan te sluit vir sosiale en kompeterende spel.
Uitmuntende veerpyltjiespel het aan nege van Parys Knights se veerpyltjie klublede plek verseker in die Fezile Dabi Assosiasie se mans en damesspanne wat aan die SA Nasionale Veerpyltjie-kampioenskappe sal deelneem. Die kampioenskappe vind plaas van 12 tot 19 Julie by Wild Coast Sun.
Die Parysenaars wat span gehaal het, is Ockert Grobler, Dries van Straaten, Christo van der Berg, Collin King en Heath Fourie (reserwe), asook Charmain Coetzee, Cornea Viljoen, Von-Marie Taute en Monica Scheepers (Parys bestuurder). Ockert, Cornea en Charmain is ook gekies om die Vrystaat Provinsiale Meesterspanne te verteenwoordig.


Belangstellendes wat veerpyltjies – sosiaal of kompeterend, op provinsiale vlak wil speel, is welkom om by die Parys Knights aan te sluit.
Die Knights is ‘n familie – georiënteerde klub waar oud en jonk welkom is. Die klubhuis is ‘n kilometer buite Parys langs die Parys/Fochville-pad, by Off Road Sports Bar (Gert se Plek waar die wit vliegtuig staan).
Daar word in ‘n aparte kindervriendelike saal op die perseel gespeel. Skakel Ockert by 0723447867 vir navrae.



