Local newsNews

Verval by gemeenskapsale skokkend

Verskeie gemeenskapsale in die Ngwathe dorpe verval weens gebrekkige instandhouding. Die sale was voorheen vir funksies en vergaderings gebruik.

Skandelike en jarelange verval word nie net by Parys se stadsaal gesien nie. Die gemeenskapsale in Phiritona en Sandersville is in ‘n ewe haglike toestand weens ‘n gebrek aan instandhouding – ten spyte van herhaalde waarskuwings en klagtes.

Die Phiritona-saal is reeds vir meer as twee jaar onbruikbaar, maar was voorheen gebruik vir gemeenskapsvergaderings, funksies en jeugaktiwiteite.

Die huidige toestand van die Sandersville-saal is ewe kommerwekkend en dui op ‘n totale gebrek aan sorg en instandhouding, sê inwoners. Die saal is vuil en daar is geen opsigter om die fasiliteit te bestuur nie, voeg raadslede by. Hulle sê die toilette is gebreek en onbruikbaar, met beskadigde wasbakke, lekkende pype en krane wat nie meer werk nie.

Voëlmis lê oral in die saal en gebreekte vensters en deure dra by tot die agteruitgang. Die gras buite is oorgroei, en die omgewing vuil en verwaarloos.

Binne is daar geen tafels nie en net ‘n paar stoele beskikbaar. Kombuistoerusting is buite werking, en die meeste ligte is stukkend.

Raadslede kla dat geen instandhoudingsplan of gereelde monitering in plek is nie. Daarbenewens wek die afwesigheid van opsigters ernstige bekommernis.

“Hierdie poste bestaan op die sisteem, maar opsigters is óf afwesig óf versuim om hul pligte na te kom. Dit wys op ‘n moontlike probleem van spookwerkers in Ngwathe,” meen raadslede wat nou wil weet wie hierdie werkers monitor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button