Lang wag vir stemme amper verby
Stemlyne vir vanjaar se Best of Parys Readers Choice open 17 Julie

Die publiek het weer vanjaar hul stem laat hoor om besighede in Parys wat uitstaan vir diens by uitnemendheid te nomineer vir MooiVaal Media se Best of Parys 2025-toekennings waarme erkenning gegee word aan plaaslike besighede wat die ekstra myl loop vir kliëntetevredenheid.
Die reaksie was oorweldigend en nou is die lang wag amper verby wanneer weer staatgemaak sal word op die publiek om te sê wie die wenners van die onderskeie kategorieë is. Die wenners word uitsluitlik deur lesersstemme bepaal en die besigheid in elke kategorie met die meeste stemme, is die kategorie-wenner. Wenners sal tydens ‘n spog-geleentheid aangekondig word.
Omdat dit ‘n digitale kompetisie is, kan slegs op die aanlyn-stemvorm gestem word.
Stemlyne open 17 Julie
Hoe werk stemme vir Best of Parys?
* Jy kan in meer as een kategorie vir die besigheid van jou keuse stem.
* Jy kan egter net vir een onderneming in elke sub-kategorie stem.
* Jy kan elke dag slegs een keer van ‘n IP-adres af stem terwyl stemlyne oop is. (Hou in gedagte dat alle gebruikers op ʼn Wifi-netwerk dieselfde IP-adres het)



