Local newsNews

Drie wat aangekla word van supermark-roof voor die hof

Een van die verdagtes en 'n slagoffer is dood in 'n konfrontasie met die polisie na die roof by die supermark.

Teamo Mthembu (54), Phomolo Mazibuko (42), en Johannes Mavuso (41), het op 2 Julie voor die landdroshof in Viljoenskroon verskyn op klagte van besigheidsroof, poging tot moord, en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Daar word beweer dat die drie mans, van wie een gewapen was, op 29 Junie omstreeks 19:45 ’n supermark in Rammulotsi, Viljoenskroon, binnegegaan het en die slagoffers beveel het om op die grond te lê. Die slagoffers is met ‘n gordel en skoenveters vasgebind waarna die verdagtes  met ’n onbekende bedrag kontant en sigarette gevlug het

Terwyl hulle besig was om te vlug, het die polisie die mans gekonfronteer wat tot ‘n skietgeveg gelei het.  Een slagoffer en twee verdagtes is in die kruisvuur gewond. Drie verdagtes kon egter deur die polisie gearresteer word,  terwyl Solomon Padi (57) later aan sy beserings in die hospitaal beswyk het.

Die saak is uitgestel tot 9 Julie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button