Local newsNews

Kommer oor dié pad

Slaggate op verskeie paaie in die Vrystaat provinsie skep n groot gevaar vir motoriste.

Daar is ernstige kommer oor die toestand van die R103 tussen Warden en Vrede. Die pad het aansienlik versleg sedert konstuksiewerk op die pad einde 2024 tot stilstand gekom het.

Slaggate skep ‘n groot gevaar vir motoriste en het talle padgebruikers al bandskade hier gekry.

 R45 miljard nodig om vervalle Vrystaatse paaie te herstel 

Die Vrystaatse Departement van Paaie het in ‘n onlangse voorlegging aan die infrastruktuurportefeuljekomitee  erken dat daar onderskeidelik R30 miljard en R15 miljard nodig is om teer- en grondpaaie in die Vrystaat te herstel.

Volgens Armand Cloete, VF Plusd-LPW: Vrystaat, het die provinsie wel agtien paaie aan die Suid-Afrikaanse nasionale padagentskap (Sanral) oorhandig vir herstelwerk.

Dit sluit volgens die jongste beskikbare lys in:

  • R34 vanaf die KwaZulu Natal grens by Bothas-pas oos van Memel na die noordwes grens by Bloemhof.
  • R26 tussen Ladybrand en Bethlehem
  • R74 anaf die P57/2-kruising by Harrismith na die KwaZulu-Natal grens by die Oliviershoek-pas.
  • Sekere paaie in Harrismith.
  • R57 en aangrensende roetes in Qwaqwa.
  • Geïsoleerde dele tussen die N8 en die R26 rondom Ladybrand
  • Paaie rondom Ficksburg wat lei na die Lesotho grenspos.
  • R30 vanaf Virginia/Theunissen wisselaar op die R730 na Odendaalsrus.
  • R710 van Bultfontein na Welkom.
  • R700 van Bloemfontein na Bultfontein via Soutpan.
  • R26 tussen Rouxville en Zastron
  • R26 tussen Bethlehem en Villiers via Reitz, Tweeling en Frankfort
  • R30 van Odendaalsrus na die noordwestelike grens by Orkney.
  • R704, R705 en R48 Trompsburg na die Noord-Kaap grens via Jagersfontein, Koffiefontein en Jacobsdal.
  • R59 tussen Hertzogville en Bothaville via Hoopstad
  • R64 van die Noord-Kaap grens na Boshoff.
  • Bloemfontein Outer  Ring Road

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button