Die noodhelikopter staan gereed om een van die insittendes van die voertuig van die botsingstoneel te vervoer. Foto: Verskaf
‘n Tragiese botsing op die N1 sowat 5km van die Engen-vulstasie, het Maandagmiddag die lewe van ‘n bejaarde vrou ge-eis. Haar eggenoot is per noodhelikopter van die toneel na ‘n Albertonse hospitaal vervoer. Sy toestand is kritiek.
Die ongeluk het net voor 14:00 gebeur. Dit is onduidelik wat die oorsaak van die ongeluk was.
Behalwe die Mercedes was geen ander voertuie in die botsing betrokke nie.
Die noodhelikopter staan gereed om een van die insittendes van die voertuig van die botsingstoneel te vervoer. Foto: VerskafDie botsingstoneel vanmiddag op die N1. Foto’s: Verskaf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.