Smithfield is maak of breek vir kortpad-kampioenstryd
Sodra die winterkoue kom is dit tyd vir duiwe wedvlugte om in alle erns te begin. Wedvlugte begin einde Mei, en strek oor vier maande. Maar om dié sport te beoefen verg toewyding, en soos met elke goeie atleet is voorbereiding en die regte dieet deel van die resep tot sukses.
Met wedvlugduiwe wat die naweek vlerke klap vir die laaste kort afstand vlug vir die seisoen vanaf Smithfield, is die vraag wie in die Legends duiweklub geledere ná dié opdraande stryd die kortpadkampioen gaan wees.
Bernard Vermeulen is die sterkste aanspraakmaker ná twee wenposisies, maar Aspelling-hokke en Maree-hokke kan beslis ook nie buite rekening gelaat word nie. Hulle het ook reeds twee en vier wenposisies onderskeidelik behaal.
Met die Reddersburg-vlugte wat op 5 Julie gevlieg is, was dit Sys van Rooyen en Maree-hokke wat die voortou gevat het. Nou is die afwagting groot om te sien wat die naweek se uitslae gaan oplewer.
Die volledige Reddersburg uitslae het so gelyk:
Reddersburg 3 Jaaroud:
Sys van Rooyen – 1ste,
Nollie Meintjies – 2de, 3de, 6de, 7de, 8ste, 11de, 18de, 23ste, 26ste, 29ste
Bernard Vermeulen – 4de, 5de, 9de, 15de, 16de, 19de, 22ste, 24ste, 25ste, 30ste
Maree-hokke – 10de, 12de, 13de, 17de, 27stem 28ste
Aspeling-hokke – 14de, 20ste, 21ste
Reddersburg 4 Ope:
Maree-hokke – 1ste, 2de, 10de, 11de, 13de, 14de, 18de, 22ste, 28ste
Sys van Rooen-hokke – 3de, 16de, 17de, 27ste
Bernard Vermeulen – 4de, 8ste, 12de, 15de, 19de, 29stem 30ste
Nollie Meintjies – 5de, 20ste, 23ste, 24ste
MJ Lofts – 6de, 7de, 26ste
Aspeling-hokke – 9de, 21ste, 25ste




