Local newsNews

Veelsydigheid van die SA Boerperd en uitsonderlike ruiterkuns op sy beste

Die publiek kan gratis kom kyk na die uitsonderlike ruiterkuns wat dié week by die AfriDome gesien kan word tydens die SA Boerperd Nasionalee kampioenskappe.

Die Suid-Afrikaanse Boerperd is in die buitewêreld gesog vir hul veelsydigheid en gematigde temperament. Hulle is slim, maklik om te leer en gemaklik om te ry.

Die veelsydigheid van die SA Boerperd word van 14 tot 19 Julie uitmuntend gedemonstreer deur ‘n verskeidenheid dissiplines by die jaarlikse Nasionale SA Boerperd-kampioenskappe wat by die AfriDome in Parys gehou word.

Die kampioenskappe is sedert 2009 ‘n jaarlikse instelling in Parys, wanneer ruiters die koue trotseer om teen mekaar te kompeteer. Toegang vir die kampioenskappe is gratis en alle belangstellendes is welkom om te kom kyk.

Op die Maandag se program is die dresseer en ryperd-klasse en hul kampioenskappe, gevolg deur die in-hand klasse en hul groot kampioenskappe die Dinsdag, asook die skouspring klasse en kampioenskappe. en die opwindende Werkende Jagperd-klasse as outomatiese kampioenskappe.

Vanaf die Woensdag tot Vrydag, is daar meestal kwalifiserende klasse vir die Elite-kampioenskappe wat op Saterdag 19 Julie sal plaasvind.

Tussen die kwalifiserende klasse, sal daar ook outomatiese kampioenskappe wees in byvoorbeeld  Ruiterkuns- en Western Pleasure klasse.

Die kwalifiserende klasse van Woensdag tot Vrydag, sluit die volgende klasse in: Tradisionele driegang-, vyfgang- en vertoonperd klasse; universele driegang klasse; universele- en tradisionele enkeltuig, sowel as siertuig-klasse.

Op Vrydag 18 Julie vind al die klasse vir ruiters 0/19 plaas.
‘n Baie spesiale geleentheid wat deel van die verrigtinge vorm, is die beoordeling van die Stervul-klas, waar slegs vullens van onder 12 maande, wat deel was van die Sterhings-program in 2023 mag deelneem.
Buiten by die nasionale kampioenskappe, neem die boerperde ook deel aan onder meer 3-fase-perdesport (eventing), Western Mounted Games en uithouritte. ‘n Pluspunt is dat dieselfde perd met die grootste gemak ook as ‘n plesierperd gebruik kan word en daarby ook nog plaaswerk kan verrig.

Die boerperd leen hom ook as kinderryperd in die skoleliga waar aan die Sanesa-kampioenskappe deelgeneem kan word, en is die SA Boerperde jaarliks die top presterende perderas.

Die SA Boerperd is tans die enigste volledig inheems ontwikkelde perderas in Suid-Afrika – ‘n eg Suid Afrikaanse perd en voorwaar die ideale sport en plesierperd!

Kom beleef die veelsydigheid van hierdie perderas en uitsonderlike ruiterkuns by die SA Boerperd-kampioenskappe in Parys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button