Local newsNews

‘Kommissie net so doeltreffend soos die gevolge wat daarop volg’

"Suid-Afrikaners verdien aksie, nie nog kommissies nie," het die DA gesê.

Die Demokratiese Alliansie het in sy reaksie op president Cyril Ramaphosa se aankondiging van ‘n geregtelike kommissie van ondersoek na die bewerings wat deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, generaal Nhlanhla Mkhwanazi, gemaak is, gemaan dat kommissies net so doeltreffend is as  die gevolge wat daarop volg.

Die party sê die bewerings wat deur luitenant-generaal Mkhwanazi gemaak is, het die kern van Suid-Afrika se strafregstelsel getref, en impliseer senior wetstoepassingsbeamptes, vervolgingsowerhede, intelligensie-agente en selfs uitvoerende amptenare in georganiseerde misdaad en sistemiese korrupsie.

“Hoewel ons die aankondiging van die verlof van die Minister van Polisie verwelkom as ’n nodige stap, volg dit eers ná volgehoue druk en ’n nasionale uitroep van verontwaardiging”, sê die party. Die DA het ook gesê dat die  president die geleentheid gehad het om sterk en ferm leierskap te toon, maar dat die verantwoordelikheid nou in die hande van ’n kommissie geplaas is.

Die party sê verder Suid-Afrikaners is sinies oor gespreksforums, taakspanne en kommissies wat bloot tyd koop en aanspreeklikheid vermy. Daar is ook gesê dat ‘n jarelange proses wat skokkende bewyse insamel sonder enige werklike aanspreeklikheid nie aanvaar kan word nie.

Die DA sê in sy amptelike reaksie op die aankondiging hy sal die president aanspreeklik hou vir elke bevinding en aanbeveling van die komitee, en sal in die kabinet en parlement veg vir vinnige en sigbare optrede. “Die parlement mag nie uitgesluit word nie, en die werk van die parlement om die uitvoerende gesag tot verantwoording te roep moet ononderbroke voortgaan,” is gesê.

“Hoewel ons die vervanging van Minister Mchunu verwelkom, verwerp ons die poging om die illusie van hervorming te skep terwyl ANC-ministers wat van korrupsie beskuldig word, steeds deel vorm van die kabinet op grond van presidensiële diskresie.” het DA -leier John Steenhuisen gesê.

“Die president het ’n stap geneem, maar nie die sprong wat hierdie oomblik vereis nie,” het Steenhuisen bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button