Local newsNews

Werklike toets of opgetree gaan word: TLU SA reageer op president se aankondiging oor kommissie

Die organisasie het beklemtoon dat simboliese skuiwe nie genoeg is nie, maar 'n funksionele en geloofwaardige regstelsel.

“Vir te lank leef ons land in die werklikheid van ’n stelsel wat faal, ’n polisie- en regstelsel wat nie beskerm, nie ondersoek en nie vervolg nie,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA.

TLU SA het in reaksie op president Cyril Ramaphosa se aankondiging vanaand van ’n kommissie van ondersoek na grootskaalse korrupsie en politieke inmenging in die Suid-Afrikaanse regsdienste, gesê die organisasie neem kennis van die aankondiging. en sê hoewel die poging om die veiligheids- en vervolgingstrukture in al hul fasette te suiwer,  op papier ’n belangrike stap is, die vraag is of dit nie dertig jaar te laat kom nie.

Die organisasie sê ook hy verwelkom die besluit om polisieminister Senzo Mchunu, met onmiddellike effek op verpligte verlof te plaas, maar beklemtoon dat simboliese skuiwe nie genoeg is nie. “Die werklike toets sal wees of die kommissie daarin slaag om die  oorsake van verval bloot te lê, en of regtig opgetree word teen dié wat hul posisies misbruik het, sê TLU SA.

Die organisasie sê verder die publiek het vertroue in die stelsel verloor, en het die hoop uitgespreek dat die  kommissie ’n keerpunt sal wees, en nie net nog ’n politieke rookskerm wat die werklike skuldiges beskerm nie. “Ons regstelsel kos die belastingbetaler miljoene, en tog is daar min geregtigheid. Ons vertrou dat hierdie kommissie uiteindelik die onreg uit die stelsel sal wegsny, sodat ons weer ’n funksionele en geloofwaardige regstelsel kan hê,” sê Van Zyl.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button