Local newsNews

Op WhatsApp gekaap – al meer so gevang

Dit is altyd wys om wanneer jy vreemde boodskappe sou ontvang self met die kontkpersoon te skakel (nie via WhatsApp nie) en seker te maak die boodskap wat jy ontvang het, is wel deur die kontakpersoon self gestuur.

Jy kry ‘n WhatsApp-boodskap van ‘n kontak op jou kontaklys, maar die trant van die boodskap is anders as die manier waarop die persoon gewoonlik ‘n boodskap vir jou sou bewoord. Dikwels net ‘n ‘hallo’ en ‘hoe gaan dit?’ Soms is die boodskap dat die kontak se nommer verander het.

Reageer jy, dan is die volgende wat gevra word jou WhatsApp verifikasiekode of , ‘n kode wat na jou selfoon gestuur sal word met die een of ander slim slenter wat vra dat jy dit sal terugstuur om vir die persoon te stem. In sommige gevalle word vir geld gevra wat onmiddellik vir die een of ander rede oorgeplaas moet word.

Klik jy op die skakels wat gestuur word, of sou jy reageer en die kodes aanstuur, of geld oorplaas, het die bedrieërs jou presies waar hulle jou wil hê. Gekaap op jou selfoon- net soos die kontakpersoon van wie jy die bedrieglike boodskap oorspronklik gekry het, ook gekaap is. Baie is al so gevang en hierdie is geen nuwe skelmtruuk nie. Dit gebeur daagliks, landwyd en mense trap telkens in die kuberbedrog-slaggat.

As die swendelaars eers toegang het tot jou selfoon, neem hul jou WhatsApp-rekening oor, en voor jy weet kry al jou kontakte ook die bedrieërs se boodskappe. So kring die kubermisdaad al wyer.

Een van die jongste slenters waarteen die Sandton GPF onlangs gewaarsku het, is mense wat via hul WhatsApp-kontakte gevra is om ‘n kode wat na hul selfone gestuur is, terug te stuur aan die sender om vir die ‘kontak’ te stem as ambassadeur.

Onwettige simkaartomruiling:
Volgens prof. Basie von Solms van die Sentrum vir Kuberveiligheid by die Universiteit van Johannesburg, kan ‘n onwettige simkaartomruiling tot gevolg hê dat die betrokke selfoon vir ‘n tyd ‘dood’ is. Sy raad is dat jy beslis jou diensverskaffer moet kontak om seker te maak of daar so ‘n omruiling plaasgevind het. Hy sê dit word soms gedoen as die kuberkrakers by ‘n persoon se bankaanteken-info wil uitkom.

Daarom is dit raadsaam om jou aanlyn bankaanteken-kodes te verander as voorsorgmaatreël, en miskien ook jou WhatsApp-kodes.

Nog waardevolle wenke:
* Slaan ag op waarskuwingsboodskappe van jou diensverskaffer.
* Wees bedag op boodskappe van onbekende nommers, en boodskappe wat ooglopend verdag lyk.
* Enige verandering van jou profiel of kontakte wat bygevoeg word sonder jou medewete.
* As jy skielik uit van jou platforms uitgeteken word.
* Kyk uit vir ongeleesde boodskappe wat skielik wys dit is gelees, of ‘n rits verifikasie kodes wat jy ontvang.
* Kyk heel bo regs by die drie kolletjies bo-aan jou WhatsApp kontaklys. Gaan na ‘linked devices’ en kyk of daar toestelle is wat jy nie herken nie wat gekoppel is.
* As jou WhatsApp deur kuberskurke gekaap is, sal jy waarskynlik moet herregistreer met ‘n pin-kode wat vir jou gestuur sal word sodra jy herregistreer.

Tref voorsorg
* Moet nooit enige pinkodes aanstuur, reageer op boodskappe wat verdag voorkom, of geld oorbetaal wat gevra word op enige aanlyn platforms waarmee jy nie gemaklik is.
* Verifieër verdagte oproepe deur toepassings soos TrueCaller.
* Aktiveer die multi-verifikasie op jou selfoon.
* Kyk na jou WhatsApp privaatheidstellings.
* Rapporteer nommers wat verdagte boodskappe via WhatsApp vir jou sou stuur en blok die nommer.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button