Local newsNews
Sowat R75 000 se gesteelde koperkabel gekry
Die mans sal die week in die Kroonstadse landdroshof verskyn.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Vier verdagtes het Vrydag hul rieme styf vasgeloop na ’n Intelligensie-gedrewe operasie waartydens die polisie inligting opgevolg het oor ‘n verdagte voertuig wat glo op pad was om koperkabels langs die R34 tussen Edenville en Kroonstad te steel.
Die Kroonstadse Infrastruktuur-Taakspan het blitsig reageer op die leidraad en die verdagtes naby die weegbrug by Kroonstad voorgekeer. In die voertuig is ses rolle koperkabel ter waarde van sowat R75 000 gevind, tesame met gereedskap wat vermoedelik vir die misdaad gebruik sou word. Daar is ook beslag gelê op die voertuig.
Die verdagtes is tussen die ouderdomme van 33 en 44 jaar, het sersant Josephine Rani gesê.
Rani het bevestig dat die mans aangekla word vir die besit van vermoedelik gesteelde koperkabels.
Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.