Krokkies swaai die stokke en kolwe
Uitstaande sportmangees is vanoggend by spelers gesien en is die dag baie goed ondersteun.
Krokkiedag het die dorp behoorlik vanoggend aan die woel gehad met dié jaarlikse mini-hokkie en krieketdag wat op Primêre Skool Parys se sportgronde aangebied is.
Op die hokkievelde het die o.6, o.7, o.8 en o.9 spanne van ML Fick, Mooirivier, Heilbron, Noordskool , Lumiére, Fonteine, Parys, Salomon Senekal, Vaalpark en Losberg kragte gemeet.
Op die krieketveld was dit die o.7 en o.8 spanne van Heilbron, Dome Primary School, Lumiére, Noordskool en Schonkenville wat mekaar die stryd aangesê het.
Dit is die vierde jaar agtereenvolgens dat kolwe en hokkiestokke by die dosyne met groot ywer hier geswaai is vir die vriendskaplike wedstryde. Die geesdrif van die spelers op die veld, maar ook die entoesiasme van ondersteuners langs die veld was aansteeklik.
Die hokkiefoto’s is geneem tydens die o.7Bs se wedstryd tussen Parys en Mooirivier wat gelykop beslis is.




Die foto’s op die krieketveld is geneem met die o.7’s van Parys wat teen die span van Schonkenville gespeel het.

Die 6-jarige Chadwin de Lange van Schonkenville Intermediate School het sy hart uit gespeel.

Op die foto kolf Calvin Jordaan van Schonkenville met Luan Neethling en Henco Oosthuizen in die agtergrond.


Die dag is gekenmerk deur uitstaande sportmangees op en van die veld. Hier is Imke Jansen van Schonkenville Intermediate School en Carien Heunis van Primêre Skool Parys wat daar was om hul onderskeie skole se spelers aan te moedig op die krieketveld.



