Local newsNews
Sussies se kompetisie-trots die somtotaal van harde werk
Albei sussies was onder die provinsiale uitblinkers in die kompetisie in hul onderskeie kategorieë, en het Karissa ook nasionaal geskitter onder die bestes.
Hoërskool Parys se Karisa Nortman het vanjaar ‘n skitterende derde plek nasionaal vir graad 10 leerders behaal in die Netwerk24 Wiskunde-kompetisie. Die kompetisie is die grootste Afrikaanse aanlyn wiskunde kompetisie waaraan hoër- en laerskoolleerlinge kan deelneem.
Karisa het reeds vroeër op provinsiale vlak in die kompetisie geskitter met ‘n tweede plek.
In haar graad 6 jaar was sy die Vrystaat-wenner van die kompetisie, en blink sedertdien elke jaar uit onder die provinsie se bestes. Dit is egter die eerste jaar dat sy nasionaal onder die top drie deelnemers is.
Karisa se kleinsus, Inke, staan nie terug nie. Sy is vanjaar se graad 7 Vrystaat-wenner van die kompetisie. ‘n Prestasie wat sy ook verlede jaar behaal het.
Vir Karisa en Inke is die somtotaal van hul prestasie harde werk en om seker te maak dat wiskunde huiswerk altyd op datum is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



