Kaptein Mpho Manyoba, toegewyde en geliefde polisiewoordvoerder in die Noordwes-provinsie, is Saterdagoggend vermoedelik aan ‘n hartaanval, oorlede. Haar dood is vanoggend op die Noordwes-kommunikasiegroep deur brigadier Sabata Mokgwabone, bevestig.
Kaptein Manyoba was bekend en gerespekteer in haar gemeenskap, en sal onthou word vir haar vriendelikheid en behulpsaamheid. Blyke van medelye het sedert die nuus van haar afsterwe bekendgeword het, ingestroom.

Kaptein Mpho Manyoba
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



