Omgeehande kyk na dié brug

Die staal hangbrug oor die Vaalrivier is een van Parys se bekendste toerisme bakenmerke

Baie dankie aan Mike en Stephanie Fourie en vrywilligers uit die gemeenskap wat steeds help om Parys se geskiedkundige hangbrug oor die Vaalrivier uit eie sak instand te hou, en wat ook die naweek toegesien het dat ‘n deurgeroeste paal by die hangbrug herstel is.

Dié deurgeroeste paal by die loopvlak van die hangbrug is die naweek herstel.
So het die paal gelyk voordat dit herstel is.

Dit is ook danksy hierdie toewyding dat die omgewing van die hangbrug weekliks skoongemaak word. Philip van Kelroy Tuindienste help op sy beurt om die oewergras te sny en die vullisdromme langs die oewer leeg te maak.

‘n Skoon omgewing is elkeen van ons se verantwoordelikheid. Die naweek het ‘n handvol vrywilligers saam met MooiParys en DA-lede nie minder nie as 57 sakke vullis langs die rivieroewer naby die hangbrug opgetel.

Van gebruikte kondome tot wegneemete houers is opgetel. Die jammerte – daar is vullisdromme oral langs die rivieroewer.

Doen jou deel en help om ons omgewing skoon te hou

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button