Local newsNews
Graffiti vandale slaan weer toe by brug
Die vandalisme ontsier die werk wat vrywilligers uit eie sak doen om die brug en omgewing so mooi en netjies te hou.

Graffiti vandale het met mening op Parys se geskiedkundige hangbrug oor die Vaalrivier toegeslaan.
Die brug wat deur vrywilligers onderhou word, is oor jare gereeld vandale se teiken en moet die graffiti telkens toegeverf word.
Nie net het die brug historiese waarde nie, maar is dit ook een van Parys se gewildste en bekendste toerismejuwele.
Op 19 September was daar nog net enkele graffiti op die brug, maar nou wil dit lyk asof die vandale se vernielsug geen perke het nie.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



