Local newsNews

Kersliedere en Kersvreugde in Vredefort se strate

Met die OVB Omgee Kersprojek sal kinderhartjies bly gemaak word met lekkergoedpakkies wat uitgedeel sal word wanneer Kersliedere weerklink deur die dorp se strate.

Onthou jy die dae van OVB-nommerplate vir die Vrystaatse dorp Vredefort? Vanjaar gaan die OVB Omgee Kersprojek, Kersvreugde op besondere manier bring in die harte van nie net dié dorp se kinders nie, maar elkeen – selfs van omliggende buurdorpe wat wil deel in die vreugde.

Die projek is die inisiatief van ‘n paar vriende van Vredefort wat op 23 Desember vanaf 18:00 met ‘n trekker en wa deur Vredefort se strate sal ry om lekkergoedpakkies aan kinders uit te deel.

Kersmusiek sal die aand in die dorp se strate weerklink. Kom sing saam en beleef weer die vreugde en vrede van Kersfees saam met ander.

Die NG Klipkerk en Vredefort Dinamika gemeentes ondersteun, en is betrokke by die projek, en sal ook gepoog word om Bybels uit te deel.

Vredefort se hart is oop vir enigeen wat wil kom deel in die omgee. Donasies vir die lekkergoedpakkies word  ook verwelkom – of dit lekkergoed skyfies of kontant is om soveel moontlik kinderharte bly te maak.

OVB Omgee Kersprojek poster
Die projek is begin uit die inisiatief van ‘n klomp vriende om weer die vreugde van Kersfees te bring.

Skakel Trudie Vorster by 072 7913 777, of Christelle Wilken by 064 2955 269 vir meer inligting of donasies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button