Local newsNews

Drie sterf in nog twee noodlottige ongelukke

Hoë volumes verkeer word op al die land se hoofroetes oor die naweek verwag.

Twee ongelukke op die R57 en N1 onderskeidelik, het vanoggend die lewens van drie mense ge-eis.

Volgens Sipho Towa, voorsitter van RIMS (Road Incident Management System), het ‘n ligte afleweringsvoertuig en ‘n motor in die vroeë oggendure by die Heilbron-kruising op die R57 gebots.

Die afleweringsvoertuig was van Vanderbijlpark na ‘n inisiasieskool in Heilbron onderweg toe die ongeluk gebeur het.

Die botsingstoneel op die R57 by die Heilbron-kruising.
Die botsingstoneel op die R57 by die Heilbron-kruising.

Een persoon is onderweg na die hospitaal oorlede. Sewentien ander insittendes is in die botsing beseer waarvan 1 kritiek.  Die beseerdes is na die Tokollo-hospitaal in Heilbron vervoer.

In nog ‘n voorval net voor 05:00 vanoggend is twee mense dood en talle beseer in ‘n taxi-ongeluk op die N1-hoofweg net oor die Vaalrivier-brug aan Gauteng-kant.

Die taxi met 15 insittendes was onderweg van die Oos-Kaap na Johannesburg toe die ongeluk gebeur het.

Onlangse data wat deur  die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) vanaf 1 Desember 2025 oor die Feestyd ingesamel is, het getoon dat tot 6% van noodlottige ongelukke tussen middernag en 01:00 gebeur.

Motoriste is gewaarsku dat daar veral oor die naweek hoë verkeersvolumes op al die land se hoofroetes verwag kan word en dat gehou moet word by padverkeersreëls en spoedbeperkings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button