Die chalet in die Mimosa Tuine waar 'n brand vroeër vanaand ontstaan het. Foto: Security Master
‘n Chalet in die Mimosa Tuine is vroeër vanaand in ‘n brand verwoes.
Die brand het net voor 19:00 uitgebreek. Die oorsaak van die brand kan nog nie bevestig word nie.
Chalet F4 was volgens inligting onbewoon en was daar niemand in die huis toe die brand ontstaan het nie.
Die Ngwathe Brandweer- en nooddiens en Security Master het hulp op die toneel verleen en is die brand vinnig onder beheer gebring voordat dit na van die ander chalets kon versprei.
Die chalet in die Mimosa Tuine waar ‘n brand vroeër vanaand ontstaan het. Foto:’s met erkenning aan Security Master
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.