Onthou jy Haas Das en TV kyk deur die meubelwinkelvenster
In baie Suid-Afrikaanse huishoudings is TV na 50 jaar steeds 'n bron van vermaak in die huis.
Op 5 Januarie 1976, is gereelde daaglikse televisie-uitsendings die eerste keer in Suid-Afrika gesien.
So onthou Parysenaars die beginjare van TV in Suid-Afrika
Erna Rademan skryf:
My belewenis van die beginjare van televisie in Suid-Afrika is deurtrek van eenvoud, geduld en saamwees. Die donker hout-TV-kas met sy lugdraad bo-op moes gedurig geskuif word wanneer daar net vlokkies op die skerm was, en dikwels het swart-en-wit beelde eers stadig tot lewe gekom.
Ons het na Riaan Cruywagen se ernstige nuuslesings gekyk, saam gelag vir Haas Das, weggeraak in Die wonderlike Nils Holgersson, en met groot vreugde na Liewe Heksie uitgesien. Daar was geen afstandbeheer nie – die kinders wás die afstandbeheer.
Een persoon was op die dak besig om die lugdraad ‘n bietjie dié kant toe, en dan weer daai kant toe te draai, terwyl iemand by die TV hardop moes roep of die beeld beter of slegter raak. Tussenin het ‘n kind in ‘n deur of by ‘n venster gestaan en boodskappe op en af aangegee.
Sport is nie op Sondae uitgesaai nie; belangrike wedstryde is eers Maandagnag net ná twaalf gewys, soos toe Gerrie Coetzee vir Spinks binne twee minute in die eerste rondte uitgeslaan het.
Ons het selfs saans voor meubelwinkels se vensters saamgedrom om na die TV’s te kyk – ‘n soort “window shopping” van beelde en klanke.
Die haasore, daardie “portable” lugdraad bo-op die TV, was deel van die ritueel. Dit was ‘n tyd toe televisie nie net gekyk is nie, maar beleef is – saam, geduldig en met verwondering.
Ca

Cathy du Plessis skryf:
Ek onthou nog die toetsprogramme het so 13:00 begin, en so teen 17:00 het uitsendings begin met nuusbulletins. Teen 21:00 het die stasies gesluit met die Suid-Afrikaanse vlag wat wapper met ‘n hemelblou agtergrond en Die Stem.
Dan het die toetspatroon weer gewys voordat die skerm swart geword het. Daar was net swart-en-wit beelde op die skerm en geen remote nie. Drie programme wat ek onthou was Dallas, die Thornbirds, en Koöperasie stories.
Ek dink daar was miskien rugby op ‘n Saterdagmiddag. Die jare het aangestap!

Brian Mylod skryf:
My first memories of television in South Africa are the siege of the Israeli embassy in Johannesburg by David Potter, and how everyone couldn’t wait for the next episode of the doings of the Ewings in Dallas. Another highlight was the film Katrina and the Gods Must Be Crazy, by Jamie Uys.




