Parys-rolbalklub het vanjaar vir die eerste keer in die geskiedenis twee mansspanne in die Noordwes Premier-liga nadat hulle in 2025 goud en silwer in die eerste liga verower het. ‘n Damesspan van Parys sal ook in die Premier-liga kragte meet.
Hierbenewens spog die klub ook met ‘n mansspan en ‘n damesspan in die eerste liga, en ‘n mansspan in die tweede liga.
Die liga skop af op 17 Januarie.
Parys-spelers wat ingesluit is in die Noordwes Premier-liga mansspan 1 is: Jan Harmse, Henk Prinsloo, Poena Olivier, Ronan Olivier, en Wayne van Zyl.
Noordwes Premier-liga mansspan 1: Faan Stofberg, Jaco Nel, Trevor Wright, Raymond Loubser en Paul de Ponte.
Eerste-liga: Dries de Jager, Marius Botha, Llewellyn Dippenaar en Jaap van der Westhuizen.
Tweede-liga: Louis Maritz, Dicky van der Merwe, Jan Scott en Chrisjan Wessels.
Dames Premier-liga: Amanda Bester, Lazuya Serfontein, Dalena Reynecke, Ronel du Preez en Christelaine van der Westhuizen.
Eerste liga: Toets van der Westhuizen, Riana Dippenaar, Shirley Maritz en Ronel Marx.
Besigheidsliga:
Parys-rolbalklub se baie gewilde Besigheidsliga skop af op 21 Januarie.
Dit word op Woensdag- en Donderdagaande gespeel, oor agt weke.
Twee Besigheidsligas sal vir die jaar aangebied word. Spanne wat belangstel om aan die Besigheidsliga deel te neem of navrae het, kan Jaco Nel kontak by 082 8800 233.



