Local newsNews

Geslagte Brahman-koei in Ford Fiesta gekry

Twee mans is deur die polisie gearresteer en het vandag voor die hof verskyn.

Twee mans het vandag in die Mogwase-landdroshof verskyn op klagte van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en veeediefstal verskyn nadat polisielede die vleis van ‘n geslagte Brahman koei in ‘n Ford Fiesta gekry het.

Borgtog van R1 000 elk is toegestaan aan Sello Madumo (35) en Mothibi Letsogo (37). Hulle sal weer op 17 Maart voor die hof verskyn.

Volgens kaptein Adéle Myburgh het die brandmerk op die vleis die ondersoekspan van die Madikwe Veediefstal- en Bedreigde Spesies-eenheid (STES) na die eienaar van die koei gelei.  Myburgh sê die beeste se eienaar sê dat hulle tussen 21 Januarie  en 5 Februarie 2026 na bewering rondom Letlhakeng-dorp in Mabeskraal gewei het. Met hul terugkeer na die kraal was twee Brahman-beeste weg.

Die Waarnemende Provinsiale Kommissaris van Noordwes, Majoor-generaal (Dr) Ryno Naidoo, het die gemeenskap en die polisie bedank vir hul samewerking wat tot die inhegtenisneming van die vermeende veediewe gelei het.

 Hy het boere aangemoedig om hul vee te brandmerk ingevolge die Wet op Diere-identifikasie, 2002 (Wet No. 6 van 2002), omdat dit help om eienaars van gesteelde vee te identifiseer, soos in hierdie geval.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button