Local newsNews

Dié hande ken skoene

Met die geld wat hy met die herstel van skoene, sakke en gordels maak, sit hy kos op die tafel vir hom en sy kinders.

Daar is nie ‘n skoen wat sy hande nie kan regmaak nie. Of dit ‘n sool of ‘n stiksel is wat lostrek – as die 49-jarige Michael Motlabane aan ‘n skoen gewerk het, is hy nie net heel nie, hy hou.

Sy glimlag so breed soos die strate van Parys, sien jy van ver af waar hy op sy krat regoor die taxi-staanplek op die h/v Kort- en Father Balinkstraat sit.
Dit is ook nie net skoene wat hy herstel nie. Hy is ewe bedrewe as dit kom by sakke, beursies en gordels regmaak, vertel hy trots.

Michael is hier gebore en het skoolgegaan by die Selogilwe en Boitlamo skole.

Hy het by sy pa die vakmanskap geleer, vertel hy. Sy pa het sy lewe lank skoene reggemaak, maar wanneer drank sy pa se hande laat sukkel het, het ‘n jong Michael die skoene gevat en begin regmaak.

Eers het hy net ‘n klein naaimasjien gehad, maar op ‘n dag het ‘n kliënt wie se skoene hy herstel het vir hom ‘n groter naaimasjien gebring.

Daar is nie 'n skoen wat Michael Motlabane se hande nie kan regmaak nie.
Daar is nie ‘n skoen wat Michael Motlabane se hande nie kan regmaak nie.

Elke skoen wat hy regmaak is die brood en botter waarmee hy vir sy kinders sorg.

Wanneer jy hier wegstap, is meer as net jou skoene heel, want Michael se glimlag en mooi hart sal jy onthou lank nadat jou skoensole deurgeloop is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button