NewsNews

Fliek Vlooi: Mechanic: Resurrection

Ek gee Mechanic: Resurrection 6/10. Hoewel Jason Statham een van my gunsteling akteurs is, het hierdie fliek hom nie regverdig nie. Daar was baie aksie en lekker “moves”, maar verder was daar leemtes. Dit het nie eers gelyk asof Bishop en Thorne regtig verlief is op mekaar nie.Moet nie hierdie fliek kyk met die verwagtinge dat dit naastenby so goed soos die eerste een gaan wees nie.

mechanic resurrection

Meester sluipmoordenaar Arthur Bishop (Jason Statham) geniet ‘n vroeë aftrede in Brasilië terwyl byna die hele wêreld dink hy is dood. ‘n Ou vyand, Riah Crain (Toby Eddington), spoor hom op en probeer hom oorreed om drie mense te vermoor. Bishop weier, omdat hy dié lewe gelos het. Terwyl hy verlief raak op een van Crain se boodskappers, Gina Thorne (Jessica Alba), maak Crain sy boodskap nog duideliker deur Gina te ontvoer. Hy dreig dat hy haar gaan doodmaak, mits Bishop drie mense vermoor en dit soos ongelukke laat lyk. Die eerste is ‘n Afrika warlord, Krill (Femi Elufowoju jr.) wat sy dae in ‘n tronk in Maleisië deurbring. Die tweede is Adrian Cook (Toby Eddington), ‘n krimineel in beheer van die handel met minderjarige meisies in Sydney, Australië. Sy derde en laaste teiken is die wapenhandelaar van Bulgarye, Max Adams (Tommy Lee Jones). In plaas daarvan om Adams dood te maak, besluit die twee om saam te werk teen Crain om so vir Gina terug te kry en Crain dood te maak.
Ek gee Mechanic: Resurrection 6/10. Hoewel Jason Statham een van my gunsteling akteurs is, het hierdie fliek hom nie regverdig nie. Daar was baie aksie en lekker “moves”, maar verder was daar leemtes. Dit het nie eers gelyk asof Bishop en Thorne regtig verlief is op mekaar nie.Moet nie hierdie fliek kyk met die verwagtinge dat dit naastenby so goed soos die eerste een gaan wees nie.
Mechanic: Resurrection het ‘n ouderdomsbeperking van 16 en bevat geweld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button