Local newsNews

Tweede botsing vandag op R59; bejaarde sterf

Vanmiddag se botsingstoneel is reeds opgeruim en is die pad oop vir verkeer.

‘n Bejaarde vrou is vroeër vanmiddag oorlede na ‘n botsing op die R59 tussen Parys en Vredefort.

Die ongeluk het net voor 15:00 sowat 150m duskant die Schoemansdrift-afrit gebeur,

Twee voertuie waaronder die bakkie was betrokke in vanmiddag se botsing op die R59 tussen Parys en Vredefort.
Twee voertuie waaronder die bakkie was betrokke in vanmiddag se botsing op die R59 tussen Parys en Vredefort.
Die verkeersopeenhoping op die R59 tussen Parys en Vredefort na 'n botsing vroeër vanmiddag.
Verkeer het vanmiddag tou gestaan op die R59 tussen Parys en Vredefort na ‘n botsing net duskant die Schoemansdrift-afrit.

‘n Hilux bakkie en ‘n Polo was in die botsing betrokke en is die vrou wat ‘n insittende in die Polo was op die toneel oorlede.

Die ander insittendes van die twee voertuie is nie ernstig beseer nie.

Die toneel is reeds opgeruim en die pad is oop vir verkeer.

Die botsing volg nadat daar vroeg vanoggend ook ‘n vragmotorbotsing op die R59 duskant die N1 in die rigting van Sasolburg was. Geen ernstige beserings is met die vragmotorbotsing gerapporteer nie.

Wees waaksaam

Met nog reën wat van Sondag af vir Parys voorspel word, word motoriste ook gewaarsku om uiters versigtig en stadig  te ry wanneer jy van die R59 gebruik sou maak. Daar is groot en diep slaggate veral op die gedeelte tussen die N1-oorbrug en Parys, tussen Parys en Vredefort, en duskant Vredefort in die rigting van Kroonstad.

Hou volgafstande en hou in gedagte dat dié gate baie moeilik sigbaar is veral saans en in reënweer wanneer sig belemmer word.

Op gedeeltes veral tussen Parys en Vredefort en duskant Vredefort is daar ernstige skade aan die teervlak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button