Local newsSport

OBC wen besigheidsliga na spanningsvolle muurbalstryd

Die muurbal besigheidsliga is gekenmerk deur gesonde spankompetisie en word daar reeds uitgesien na die volgende kragmeting.

Die Muurbal Besigheidsliga waaraan verskeie plaaslike besighede deelgeneem het, is afgehandel nadat spanne oor ’n aantal weke teen mekaar meegeding het in ’n reeks wedstryde.

Die liga het nie net vir gesonde kompetisie gesorg nie, maar ook ’n geleentheid geskep vir besighede en gemeenskapslede om saam te kom en die sport te geniet.

Ondersteuners vir die deelnemende spanne is gereeld by wedstryde gesien wat bygedra het tot ’n gesellige atmosfeer.

OBC is die wenspan van die muurbal besigheidsliga. Foto: Verskaf
OBC is die wenspan van die muurbal besigheidsliga. Foto: Verskaf

Na sterk vertonings deur die loop van die liga het die OBC-span uiteindelik as wenners uit die stryd getree.

Robert Thompson oorhandig die trofee aan die OBC-span. Foto: Verskaf

Hulle het deurgaans goeie spanwerk, deursettingsvermoë en sportgees getoon, wat hulle die welverdiende kampioene van vanjaar se liga maak.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button