BKS-entstofsaak gaan hof toe ná mislukte mediasie
Die aansoek handel oor private verkryging en toediening van geregistreerde of goedgekeurde bek-en-klouseer (BKS) entstowwe wat volgens regeringsbeleid nie toegelaat word nie.
As die dringende aansoek van Vrystaat Landbou (VL), Sakeliga en SAAI Dinsdag (24 Maart) in die Pretoriase hooggeregshof slaag, kan boere en ander vee-eienaars na alle waarskynlikheid onmiddellik in staat wees om hul eie beeste, en ander vee, met hul eie hulpbronne teen Bek-en-klouseer, te ent, met die nodige verslagdoening soos vereis.
So sê Vrystaat Landbou (VL), wat saam met SAAI en Sakeliga, ‘n dringende aansoek tot die hof rig om die regering te verhoed om die private verkryging en toediening van geregistreerde of goedgekeurde bek-en-klouseer (BKS) entstowwe te keer, nadat pogings tot mediasie tussen die betrokke partye misluk het.
Dinsdag se hofverskyning handel oor die eerste fase van die organisasies se aansoek, en vra ook dat die staat nie in kontraktuele ooreenkomste tussen wettige entstof-invoerders en hul verskaffers mag inmeng nie,” het Francois Wilken, president van VL gesê.
entstowwe.
die kapasiteit van die departement.



