Local newsNews
Aanvaller van Coligny-vrou steeds soek
Polisie vra publiek se hulp in soektog na verdagte.
Daar word steeds gesoek na die verdagte wat verantwoordelik was vir die aanval op ‘n 50-jarige vrou op ‘n plaas naby Coligny.
Die vrou is op 17 Maart om 16:30 die middag in ‘n stal op die plaas oorval toe sy die perde gaan voer het. Haar aanvaller het ‘n klapmus gedra en het haar met ‘n staal voorwerp aangerand.
Haar aanvaller het te voet van die toneel gevlug. Die gewonde vrou is na ‘n nabye hospitaal vir behandeling geneem, en dieselfde dag ontslaan.
Die polisie ondersoek ‘n klag van aanranding. Die motief vir die aanval is nie bekend nie.
Die waarnemende kommissaris van die polisie in die Noordwes-provinsie, doktor Ryna Naidoo, het die aanval ten sterkste veroordeel.
‘n Beroep is op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom wat die polisie kan help met hul ondersoek. Inligting kan deurgegee word aan speurder-sersant Godiamang Dire of die Coligny polisie. Skakel 082 416 3593, of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111. Inligting kan ook anoniem deurgegee word op die MySAPS-toepassing.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



