Vories rock agter die pannekoek-pan
Rocking the Vaal word georganiseer deur die Golden Traingle Chamber of Commerce (GTCoC) in samewerking met Emerald Resort & Casino wat as gasheer van die geleentheid optree.
Voortrekkers van Parys het vandag behoorlik gerol agter die pannekoekpanne by Rocking the Vaal se Guinness Wêreldrekordpoging toe daar die reuse taak vandag by Emerald Resort & Casino aangepak is om 30 000 pannekoeke binne agt ure te bak en te bedien.
Parys se Vories het beslis hul kant gebring met ‘n allemintige 500 pannekoeke wat die spannetjie gebak het as hul deel tot die rekordpoging.
En die finale uitslag – ‘n totaal van 29 610 pannekoeke wat by Rocking the Vaal gebak is – ‘n splinternuwe wêreldrekord – en 25 000 mense wat die dag kos gegee is.


Dit was ‘n onvergeetlike dag propvol musiek van die land se voorste kunstenaars, lekker kos, pret en gemeenskapsgees. ‘Hier is gekuier soos min. ‘n Feestelike kuier wat ‘n gemeenskap saamtrek.



