Local newsNews

Lindley, Petrus Steyn en Reitz se ligte bly aan na administratiewe probleem byna lei tot donker ure

Eskom ernstig oor ooreenkomste

Die wanbetalende Nala, Masilonyana, Ngwathe en Nketoana Plaaslike Munisipaliteite het Eskom se
implementering van onderbreking/vermindering van grootmaat kragvoorsiening na die dorpe wat
deur dié munisipaliteite bedien word, vrygespring nadat ingestem is tot ‘n verspreidingsagentskapooreenkoms (DAA) met Eskom.

Hoewel vroeër in die week gesê is dat Nketoana nie ingestem het tot die ooreenkoms nie, het Eskom
vanmiddag laat (29 April) in ‘n verklaring gesê dat ook dié munisipale raad op 9 April ‘n resolusie aanvaar het vir ‘n verspreidingsagenskapooreenkoms, maar dat die resolusie Eskom eers vandag
bereik het as gevolg van ‘n administratiewe probleem.

Eskom sê verder in sy verklaring dat daar derhalwe nie voortgegaan sal word met die voorgenome daaglikse kragonderbrekings vir Nketoane wat vanaf 8 Mei toegepas sou word nie.

Vroeër in die week is nog aangedui dat die onderbrekings vir die dorpe Petrus Steyn, Lindley en Reitz, wat deel vorm van die Nketoana Plaaslike Munisipaliteit daagliks tussen 07:00 en 09:00 en 18:00 tot 21:00 sou plaasvind.

Eskom sê egter kennisgewings van die voorgenome onderbreking van grootmaat kragvoorsiening vir Nketoana wat op 24 April in Journal News, en op 29 April in Vrystaat Kroon, gepubliseer is, word
derhalwe met onmiddellike effek onttrek nadat die Nketoana Raad se resolusie ontvang is.


Kennisgewings


Eskom het vroeër kennisgewings ingevolge die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid (Wet 3 van 2000) vir al vier die betrokke munispaliteite gepubliseer waarin die kragvoorsiener
sy voorneme van kragvermindering/ onderbreking na die wanbetalende munispaliteite uiteengesit het, en die opsies gegee is waaraan voor die sperdatum voldoen moes word. Een van die opsies was dat die munisipale raad ’n DAA met Eskom sal sluit.

Lopende rekeninge moet betaal word

Wat die Nala, Ngwathe, Masilonyana en Nketoana plaaslike munisipaliteite betref, het Eskom dit egter baie duidelik gestel dat in die lig van die genoemde munisipaliteite se besluit om verspreidingsagentskapooreenkomste met Eskom aan te gaan, bly die onderbreking/vermindering van
grootmaat-elektrisiteitsvoorsiening opgeskort, onderhewig daaraan dat die munisipaliteite hul lopende rekeninge sal betaal terwyl die partye die ooreenkomste finaliseer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button